a Collection of short stories about wing shooting
Die āFeathersā trilogie; āA Breath of Feathers,ā āFeathers on my Mindā en āIn Feathered Questā is ān versameling van uniek Suid Afrikaanse voĆ«ljagstories. Die meestal humoristiese of tong in die kies stories word afgewissel met meer filosofiese artikels oor die etiek en estetika van voĆ«ljag. Die wisselwerking tussen die jagter en sy honde, die voĆ«ls en die natuur en die belangrikheid van vriende is die romantieke ondertoon waarop die verhale gebou is. Alhoewel nie sterk tegnies van aard nie is daar genoeg in om beginners touwys te maak en die ouer manne te laat glimlag met ān glas rooiwyn in die hand. Kobus de Kock is ān passievolle natuur en buitelewe entoesias wat sitrus boer om ān lewenslange liefdesverhouding met sy-aan-sy haelgewere en Springer Spaniels moontlik te maak. In hierdie moderne era van ongehoorde druk om by te hou by ān wĆŖreld van snelle verandering, vind Kobus sy vrede en rustigheid in die veld, agter sy spaniels aan op soek na sy geliefde veerwild. Na baie jare se soek het hy agtergekom die perfekte jag is wanneer sy vriende, honde en voĆ«ls kombineer in die grootheid van God se skepping